Kreatiewe skryf by UPE betrek nou ook Engels en isiXhosa

deur Helize van Vuuren

Vanjaar se skryfkursus, aangebied in die loop van die eerste Disclaimer semester, het in verskeie opsigte verskil van dié in 1998 en 1999. Eerstens was die aanbieding vir die eerste keer deur medium van Engels, en tweedens het ons hierdie keer plaaslike skrywers as dosente uitgenooi. Die semester-lange kursus is aangebied deur die Engelstalige prosateur, Yvonne Burgess, en die akteur-dramaturg en skrywer van radio-verhale in Xhosa, Monde Wani.
Die eerste twee kursusse, in 1998 aangebied deur Marlene van Niekerk (poësie en kortverhaal), Ingrid Winterbach (roman) en Anlen Marais (drama), en in 1999 weer met eersgenoemde twee skrywers en Joan Hambidge as derde skrywer, was altwee in Afrikaans en gemik op Afrikaanse deelnemers. Die deelnemers was in 1998 meesal plaaslike mense (uit die Oos-Kaap,
Van 'n deelnemer:
I have learned that we have two kinds of writers in writing: Those who can write and those who can’t write, and those who can’t write make a lot of money.
tot so ver as Oudtshoorn), en in 1999 vanuit die hele Suid-Afrika (Johannesburg, Bloemfontein, Kaapstad, die Strand). Oor die algemeen het die Afrikaanse kursusse egter ouer deelnemers getrek. Waarskynlik omdat hulle dit kon bekostig, en miskien bestaan daar ‘n mistieke allure in die persepsie van kreatiewe skryfkursusse: "miskien het ek ‘n verskuilde talent wat wag om ontgin te word?" So ‘n saamleef tydens ‘n intensiewe groepsaktiwiteit, het ook ‘n helende terapeutiese werking, veral vir Afrikaanssprekendes wat toenemend gemarginaliseer voel. ‘n Frappante voorbeeld hiervan is twee deelnemers aan die 1999 skryfkursus wat mekaar van g’n kant af geken het nie, en terstond ‘n maand na die skryfkursus in die huwelik bevestig is. Dié paartjie het kort daarna na Nieu-Zeeland geëmigreer. Of hul enigsins ‘kreatief skryf’ sal ons nie weet nie, maar hul is in ieder geval van hul eensaamheid genees...
Dat middeljarige en ouer mense in hul veertiger, vyftiger- of sestigerjare skielik as suksesvolle skrywers sal ontpop, is egter nie baie waarskynlik nie. Daarom het ek in 2001 die skryfkursus geïntegreer by UPE se voor- en nagraadse programme as ‘n keusemoontlikheid, om jonger
Monde believes the writer should be a troublemaker. Put people into a situation and give them a conflict. That leads to a good story. The resolution of the first problem usually leads to another problem, and so on
mense/studente te betrek. Die kursus is egter ook steeds aan die publiek geadverteer. Die Engelse en Xhosa teikenmark het inderdaad ander tipe deelnemers opgelewer, vanuit ‘n wyer spektrum agtergronde, klasse, kulture, met verskillende opvoedingsvlakke. Die ‘knusheid’ en ‘geselligheid’ van die eerste twee, meer homogene Afrikaanse kursusse, waar deelnemers bewonderde skrywers se boeke kon koop en laat teken, was afwesig.
Vanjaar was dus ‘n andersoortige kursus: die taalmedium van Engels het ‘n ander mark geteiken, en die integrering van voor- en nagraadse studente in die kursus had die verskuilde veronderstelling dat latente talent onder jonger mense meer kans sou hê op ontwikkeling. Die kursus is ook op die Xhosa-radiostasie, Umhlobo Wanene, geadverteer. Gevolglik het die dertig deelnemers ‘n wye spektrum van kulture, talegemeenskappe en ouderdomme verteenwoordig: werklose Xhosa-jeugdiges uit die township, aspirant radio-skrywers en dramaturge, jong Engelse, Afrikaanse, Sotho, Xhosa en Amerikaanse studente, afgetredenes (selfs ‘n voornemende romanskrywer
We were also told about different kinds of books that a person may encounter which were: Stream of Consciousness and Anti-novel by Molly, Craps of Wratch by Steinbeck
wat sy manuskripte in Sweeds skryf), en selfs ‘n Afrikaanse dominee van Uitenhage (ds Jan Vermeulen van Despatch was in 1998 ‘n deelnemer aan die eerste skryfkursus, en het sukses gehad met Die laaste dans, 1998, en die pryswennende jeugboek Geraamtes dra nie klere nie, 2000).
Die romansier en kortverhaalskrywer, Yvonne Burgess, het ‘n prosa-kursus aangebied, progressief opgebou rondom die beginsels van suksesvol skryf. Burgess, Suid-Afrikaanse romanskrywer woonagtig in die Baai, is bekend vir haar romans A Life To Live (1973), The Strike (1975), Say A Little Mantra For Me (1979), Anna And The Colonel (1997) en verlede jaar se Penguin-sukses, A Larger Silence.
"Engeltjie"
'n Uittreksel uit Yvonne Burgess se nuutste roman in wording, You Know Who I Am

Haar uitdeelstuk, “Some Basics of Prose Composition”, het die belangrikheid van grammatikale kennis en intieme taalkennis sentraal gestel op ‘n manier wat alle bewierokende, mistieke opvattings van kreatief skryf onmiddellik as sodanig aan die kaak gestel het. Dit was ook die kern van haar kursus: om kreatief te skryf is moeilik, dis harde werk, moet dit nie romantiseer nie... Vermy dit as jy kan, skryf slegs kreatief as jy nie anders kan nie, en ‘n absoluut oorweldigende kompulsie en dwang daartoe het. Treffend in die skriftelike terugvoer van studente was die, vir hulle, nuwe insig dat skryf nie
CREATIVE WRITTING CHANGED ME A LOT, BECAUSE WHEN I’M SITTING DOING NOTHING, ALL I CAN THINK IS WRITTING SOMETHING DOWN. THE MINUTE I START WRITTING GREAT IDEAS JUST COMES IN MY MIND AT ONE TIME, SOMETIMES I EVEN GET CONFUSED ON WHAT TO WRITE ABOUT
in een romantiese uitgieting opeens onveranderlik daar is nie, maar dat alle skryfwerk (ook van universiteits-opstelle) onderhewig behoort te wees aan skryf en herhaalde herskryf en redigering. Dié ontromantisering van skryf was seker die belangrikste insig van deelnemers aan die prosa-kursus.
Die plaaslike dramaturg en akteur Monde Wani, wenner van verskeie pryse vir radiospele en kinderverhale, het in 'n werkswinkel-opset klasgegee oor die skryf van drama en radiospele. Die drama-en-radio kursus was meer prakties geörienteerd, waar die klas self ‘n drama as groep skryf, daarna opvoer, en dan ontleed. Veral die besoek aan die klankateljees van Umhlobo Wanene, waar aspirant-skrywers ‘n produksie-in-wording kon waarneem, en die tegniese klank-versorging van effekte kon ervaar, het besondere waardering uitgelok.

_____________________________________________________________________________

Voornemende studente/belangstellendes
in die 2002 skryfkursus kan my kontak by:

afahjv@upe.ac.za

Skool vir Tale
UPE
Bus 1600
Port Elizabeth 6000

of die sekretaresse,
mev M Viviers:
tel 041/5042871 en faks: 041/5042229

_____________________________________________________________________________





















INHOUDSOPGAWE
TUISBLAD






Copyright:  © 2001 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/upekrea.htm
This page maintained by:   Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 1 Julie 2001
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]